Agri Hour
Mamre-stelsel skep welvaart deur skaapkuddes─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:37 Tue, 04 Jun 2019
Meer as 210 boere van oor die land heen sak vandag (Dinsdag) op Bloemfontein toe vir die Mamre-inisiatief se werksessie oor intensiewe skaapboerdery.
Dié werksessie strek oor drie dae. Die Mamre-stelsel kom daarop neer dat boere elke maand van die jaar lammers het, wat sodoende welvaart deur skaapkuddes skep.
Twee direkteure van die Mamre-inisiatief, dr. Karin Wessels en Phillip Oosthuizen, was in die Before Dawn-ateljee vanoggend en OFM se Christal-Lize Muller het met hulle gepraat...
Dit was Phillip Oosthuizen en dr. Karin Wessels, twee direkteure van die Mamre-inisiatief. Hulle staan aan die hoof van ‘n werksessie oor intensiewe skaapboerdery wat vandag in Bloemfontein begin.
Vir meer inligting gaan na 222.intensivesheepfarming.com.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na ander insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Om na ons weeklikse landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30 gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en News.
OFM-nuus
