On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

#VrystaatLandbou: Doeltreffende grensbeheer ‘n moet ná miltsiekte-uitbreking in Lesotho

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:48 Wed, 05 Jun 2019

#VrystaatLandbou: Doeltreffende grensbeheer ‘n moet ná miltsiekte-uitbreking in Lesotho | News Article
Francois Wilken FOTO: OFM

Die uitbreking van miltsiekte naby Maseru in Lesotho wek kommer by boere in die Vrystaat en veral diegene in die oostelike deel van die provinsie.


President van Vrystaat Landbou (VL), Francois Wilken, sê daar is goeie rede tot kommer omdat daar nie voldoende grensbeheer is nie. Dit dra by tot die verspreiding van siektes soos dié. Hy sê vee van dié buurland kan maklik oor die grens gebring word om onwettig in Suid-Afrika te wei. Veediefstal is ook ‘n groot uitdaging, want wettige toegangsroetes en grensposte word nie gebruik nie. VL eis nou dat die Suid-Afrikaanse departement van landbou die dreigende krisis met die nodige erns aanspreek. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wilken gepraat…



Dit was Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), slegs op OFM. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op Agriculture, News en Before Dawn.


OFM-nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.