Agri Hour
#AfriForum: Slagoffer en gesin kan nuwe hoofstuk begin ná wrede plaasaanval─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:48 Fri, 07 Jun 2019
AfriForum het die skuldigbevinding van ‘n voormalige Hankey-plaaswerker. wat ‘n ma van drie in haar plaashuis geskiet en voor haar dogter verkrag het, verwelkom.
Sebenzile Simane is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth op 16 aanklagte skuldig bevind wat met dié aanval verlede jaar verband hou. Die aanklagte sluit onder meer in poging tot moord en ontvoering. Hy is ook skuldig bevind aan 'n 17de aanklag wat verband hou met 'n rooftog in Patensie vroeër. Simane is Donderdag ‘n lewenslange vonnis opgelê. Dié slagoffer het Donderdag aan joernaliste gesê sy is baie gelukkig oor die bevinding, maar Simane het geen berou getoon nie.
Daarmee saam meen AfriForum se Ian Cameron, Simane se skuldigbevinding gaan nie dié slagoffer se kinders se onskuld terugbring nie, maar hy glo daar is ‘n mate van afsluiting vir dié gesin.
Die vrou het vandeesweek op 'n media-inligtingsessie, waar AfriForum plaasmoordstatistieke van Januarie tot Mei vanjaar bekendgemaak het, haar nagmerrie-ervaring gedeel.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Cameron gepraat…
Dit was Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op Agriculture, News, en Before Dawn.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
