Agri Hour
#Plaasmoorde: Betrokkenes in Wes-Kaap wil nou dringende stappe doen─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:52 Fri, 07 Jun 2019
Daar is ‘n goeie bestaande samewerkingsverhouding tussen die departement van landbou en georganiseerde landbou in die Wes-Kaap.
Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê hulle sien ook daarna uit om saam met die nuwe LUR van landbou, dr. Ivan Meyer, asook die LUR van gemeenskapsveiligheid in dié provinsie, Albert Fritz, te werk. Goeie samewerking is nou broodnodig met plaasaanvalle en moorde wat in dié provinsie toeneem. Stefan Smit van die plaas Louisenhof by Stellenbosch is Sondag deur vier aanvallers in sy huis doodgeskiet. Tool Wessels van Bonnievale is ook in Mei in die provinsie vermoor.
Meyer en Fritz het Maandag met betrokkenes in die landboubedryf vergader om dringend oplossings te kry. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Strydom gepraat…
Dit was Jannie Strydom, die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op Agriculture, News, en Before Dawn.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
