On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

TLU SA: Beveilig jouself, regeringsplanne gaan nie misdaad in landelike gebiede stuit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:44 Mon, 10 Jun 2019

TLU SA: Beveilig jouself, regeringsplanne gaan nie misdaad in landelike gebiede stuit  | News Article

Dit is duidelik dat misdaad, wat aanvalle en moorde op plase en kleinhoewes insluit, ‘n groot probleem in Suid-Afrika is en volgehoue druk moet op die regering toegepas word om daadwerklik ‘n plan in werking te stel.


Dit gaan egter nie 'n einde daaraan bring nie. Die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, se adjunkpresident, Henry Geldenhuys, meen veiligheid begin by gemeenskappe self.  Hy sê dit is die regering se plig om op te tree teen aanvalle op plase en kleinhoewes, maar hy faal daarin. Volgens Geldenhuys bestaan misdaadintelligensie nie meer in die polisie nie, terwyl die inhegtenisneming van verdagtes in dié aanvalle nie gedoen word nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was die adjunkpresident van die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, Henry Geldenhuys.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou jongste nuus in die landboubedryf.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.