Agri Hour
#Plaasmoorde #AgriSA: Ramaphosa moet toonaangewende rol speel in landelike veiligheid─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:49 Mon, 10 Jun 2019
Pres. Cyril Ramaphosa is deeglik bewus van die situasie rondom aanvalle en moorde op plase en kleinhoewes in Suid-Afrika.
Agri SA se president, Dan Kriek, gee sy versekering aan boere en ander betrokkenes in die landboubedryf dat Ramaphosa werk daarvan maak. Kriek sê Ramaphosa het ook sy kommer oor veiligheid van landelike gemeenskappe in ‘n telefoniese gesprek met hom bevestig. Kriek sê Ramaphosa het benadruk dat die oppergesag van die gereg deurlopend moet geld. Hy wil ook die Stellenbosch-gebied besoek, waar Stefan Smit van die plaas Louisenhof verlede Sondag in sy plaashuis doodgeskiet is.
Kriek sê Ramaphosa het verder aan hom die versekering gegee dat hy dié kwessie na die minister van polisie, Bheki Cele, verwys het en dat Cele hom voortdurend op hoogte van sake moet hou. Kriek meen dit is nou tyd vir Ramaphosa om toonaangewend te wees deur dié geweld te veroordeel, want dit is meer as simbolies.
Dit skep die klimaat vir almal in die staat om misdaad te beveg.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Kriek gepraat…
Dit was Dan Kriek, president van Agri SA, slegs op Before Dawn. Skakel Dinsdagoggend in op Before Dawn wanneer Kriek verder praat oor waar Suid-Afrika nou staan met betrekking tot die grondkwessie.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou jongste nuus in die landboubedryf.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 is stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
