On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:48 Thu, 13 Jun 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat soos oudergewoonte op ‘n Donderdag met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Laubscher praat oor ‘n verslag van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) waarin die uitdagings uiteengesit word met betrekking tot die globale mikpunt om die wêreld- bevolking teen 2050 te voed.

Dié verslag verskaf alternatiewe wat bestaan om uitdagings in dié verband aan te pak. Hy sê dit sluit onder meer in die kwessie van vrees teenoor die konsep “wil hê/ gaan vat”. Die diefstal van weiding, soos die geval in die Oos-Vrystaat, waar diere onwettig van Lesotho oor die grens aangejaag word om onwettig te wei, is ‘n voorbeeld van dié konsep. 

Volgens hom ontwrig dit die hele waardeketting. Die verslag toon verder voedselkettings en landbou word die slagoffer van tendense  soos veranderde bestedingspatrone en eetgewoontes. Hy sê daar gaan binnekort meer mense wees wat onseker is oor kos,  as wat daar mense is wat kronies te min kos het om te eet.  



Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM. Om weer na hierdie en ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.