On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

GWK ploeg terug in die landbougemeenskap op skolerugby-vlak

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:20 Tue, 18 Jun 2019

GWK ploeg terug in die landbougemeenskap op skolerugby-vlak | News Article

GWK, in samewerking met Standard Bank en die Griekwaland-Wes Hoërskole-rugbyvereniging, sien weer uit na die GWK streekspanne-rugbytoernooi wat vanjaar by Hoërskool Vaalrivier in Barkly-Wes aangebied word.


Dié toernooi word vanjaar vir die sewende jaar agtereenvolgens aangebied. Neil de Klerk, uitvoerende hoof, groepbemarking en kommunikasie by GWK, sê dié toernooi, wat van 16 tot 19 Junie plaasvind, bied die geleentheid vir seuns om hul talent verder te onwikkel en meer blootstelling te kry. 

Hy sê GWK is betrokke omdat dit belangrik is om geleenthede te skep tot voordeel van die jeug se ontwikkeling en sodoende word daar ook teruggeploeg in die gemeenskap.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was Neil de Klerk, uitvoerende hoof, groepbemarking en kommunikasie, by GWK.

Om na insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. Luister weeksdae om 11:00 en 13:00 na jou landbounuusbulletins.  


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.