On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Konferensie fokus op jong mense in die varsproduktebedryf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:24 Tue, 18 Jun 2019

Konferensie fokus op jong mense in die varsproduktebedryf   | News Article

Met Jeugdag wat jaarliks op 16 Junie gevier word, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met Lindie Stroebel, algemene bestuurder van die Varsproduktebemarkingsvereniging, PMA, Suider-Afrika, oor die Fresh Connections-konferensie en -handelskou.


Die konferensie fokus vanjaar ook op die jeug. PMA se Center for Growing Talent (CGT) het ook ‘n program op dié konferensie wat ten doel het om jong talent na die bedryf te lok, sowel as om dit te ontwikkel en te behou.

 ‘n Program vir universiteitstudente word aangebied om hulle in te lig oor werksgeleenthede in die varsprodukbedryf en om hulle aan die bedryf se betrokkenes bekend te stel. Daar is ook ‘n ontbyt vir jong professionele mense onder die ouderdom van 35 wat reeds werksaam is in die varsprodukbedryf. Hulle kry die geleentheid om met ander professionele mense van hul eie ouderom te skakel en hul ervarings te deel. 

Die konferensie vind op 30 en 31 Julie by die Century City-konferensiesentrum in Kaapstad plaas.



Dit was Lindie Stroebel, algemene bestuurder van die Varsproduktebemarkingsvereniging, PMA, Suider-Afrika.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.