Agri Hour
Die varsproduktebedryf in Suid-Afrika is binnekort byeen─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:29 Tue, 18 Jun 2019
Die Varsproduktebemarkingsvereniging, PMA, se negende Fresh Connections-konferensie en -handelskou vir Suider-Afrika vind op 30 en 31 Julie by die Century City-konferensiesentrum in Kaapstad plaas.
Lindie Stroebel, algemene bestuurder van die PMA Suider-Afrika, sê dié geleentheid, waar plaaslike en internasionale belanghebbendes in die bedryf jaarliks byeen is, is voorwaar ‘n hoogtepunt op die varsprodukbedryf se kalender. Dit is die enigste konferensie vir die varsproduk-waardeketting wat in die suidelike deel van Afrika aangebied word. Produsente, markagente, groot- en kleinhandelaars, uitvoerders en insetverskaffers is deel daarvan.
Die varsprodukte-bedryf kan insig kry oor wat om in die volgende vyf tot tien jaar te verwag, asook antwoorde op die vrae rakende ‘n volhoubare toekoms – wat doen besighede om meer omgewingsvriendelik te wees; en wat is die voordele daarvan? Dit en meer gaan op die konferensie bespreek word. Die oud-Springbokrugbyspeler, Joël Stransky, sal ook oor sy legendariese skepskop in die Rugby Wêreldbekertoernooi in 1995 gesels. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Stroebel gepraat...
Dit was Lindie Stroebel, algemene bestuurder van die Varsproduktebemarkingsvereniging, PMA, Suider-Afrika.
Om weer na insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na muller@centralmediagroup.co.za. Luister weeksdae om 11:00 en 13:00 na jou landbounuusbulletins.
OFM-nuus
