On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbougemeenskap diep geraak deur Hoopstad-broers se dood

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:24 Wed, 19 Jun 2019

Landbougemeenskap diep geraak deur Hoopstad-broers se dood   | News Article
HC en Stephan de Bruyn

Die landbougemeenskap in die Vrystaat is diep geraak nadat twee broers van die Hoopstad-gebied, wat albei ‘n blink toekoms in hul famielieboerdery gehad het, verongeluk het.


Stephan en HC de Bruyn van die Hoopstad-gebied is dood toe die bakkie waarin hulle gery het, in die veld omgeslaan het. Polisiebeamptes het op die ongelukstoneel afgekom. Die broers was reeds dood. Hulle was op pad terug van die familie se wildsplaas. Die ongeluk het vermoedelik in die nag gebeur. ‘n Goeie vriend van die familie, Jaap van der Westhuizen, wat ook boer in die Koppies- en Sasolburg-gebied, het Maandag die broers se ouers, Herman en Charleen, besoek. Hulle was albei oudleerlinge van Grey-kollege in Bloemfontein. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat….



Dit was Jaap van der Westhuizen ‘n familievriend van die De Bruyn-gesin.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. Luister ook weeksdae om 11:00 en 13:30 na jou landbounuusbulletins slegs op OFM. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.