On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Laat ryp het nie negatiewe gevolge vir mielieprodusente nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:26 Fri, 21 Jun 2019

Laat ryp het nie negatiewe gevolge vir mielieprodusente nie | News Article

Min en laat ryp sover dié seisoen lei daartoe dat mielieboere in dele van die Vrystaat en Noordwes nog nie volstoom begin het om hul someroeste te stroop nie.


Dit is egter nie nadelig vir dié produsente nie omdat mielieplante genoeg tyd gehad het om uit te droog. Dit is volgens Johan van den Bergh, ‘n klimatoloog by Santam Landbou, wat meen veral in die sentrale en westelike deel van die Vrystaat is min mielies al gestroop, terwyl produsente in die oostelike deel van die land, hoofsaaklik Mpumalanga, al ‘n groot deel van hul mielieoeste van die landerye afgehaal het. 

Van den Bergh sê daar is ook koringaanplantings op droëland en koring onder besproeiing as wintergewas in die sentrale binneland.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...



Dit was Johan van den Bergh, ‘n klimatoloog by Santam Landbou.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.