Agri Hour
Grondvog voldoende vir graanproduksie in somerproduksiegebiede ná goeie reën vroeër die seisoen─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:46 Mon, 24 Jun 2019
Kouer toestande in die komende twee weke, veral met betrekking tot nagtemperature onder vriespunt, word voorspel. Geen reën gaan voorkom nie.
Dit is volgens Johan van den Bergh, ‘n klimatoloog by Santam Landbou, wat meen op die langer duur wil dit voorkom of ‘n siklus van uitdroging wat sedert 2012 in gebiede in Suid-Afrika voorgekom het, nou ‘n draaipunt bereik het.
Met goeie reën wat geval het voor die winterseisoen in die sentrale en oostelike deel van die land is toestande vir graanproduksie goed weens die ondergrondse vog. Weidingstoestande sien ook gunstiger in die somerseisoen daarna uit.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van den Bergh gepraat...
Dit was Johan van den Bergh, 'n klimatoloog van Santam Landbou.
