On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:14 Thu, 27 Jun 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article
Kobus Laubscher FOTO: OFM

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.



Laubscher verwys na Singapoer wat van ‘n tipiese derde wêreldse land gegroei het na ‘n toonaangewende globale ekonomie en meen daar is belangrikke lesse wat Suid-Afrika by dié land kan leer. Die leierskap in Sigapoer het bekwame mense, wat geskik is vir poste aangestel.  Daar was pragmatism en geen korrupsie nie. Volgens hom is die algemene jaarvergadering wat onlangs vir lede van ‘n groot mediese skema in Suid-Afrika plaasgevind het, een van die  moontlike “kapstokke” vir ‘n nuwe benadering tot of die siening van sake in Suid-Afrika. Pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede en die keuse van leierskap van komitees in die Parlement asook ie alledaagse handel en wandel van ‘n boer op ‘n plaas is nog faktore, sê hy.



Om weer na hierdie en ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za


OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.