On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#ProjectSurvivorSouthAfrica: Projek wil Amerika bewus maak van #FarmAttacks

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:06 Mon, 01 Jul 2019

#ProjectSurvivorSouthAfrica: Projek wil Amerika bewus maak van #FarmAttacks | News Article

"Project Survivor South Africa", wat daarop gemik is om bewustheid in Amerika, veral op regeringsvlak, te kweek oor die grusame moorde en aanvalle op Afrikaners veral op plase en kleinhoewes, is goed op dreef.


'n Prokureur van Potchefstroom, Willie Jordaan, het dié  projek van stapel gestuur om die Amerikaanse regering, met pres. Donald Trump aan die stuur, sover te kry om in Suid-Afrika, waar "genocide of volksmoord 'n werklikheid is", in te tree. 

Volgens Jordaan moet Amerika ingevolge die Elie Wiesel Genocide Atrocities Preventions-wetgewing van 2018 optree wanneer die land bewus is van dié dade teen 'n  groep mense.

"Project Survivor South Africa" wil deur middel van plaaslike video-opnames, wat deur betrokkenes in Suid-Afrika verskaf word, wat slagoffers van die aanvalle insluit en op 'n Amerikaanse televisiekanaal uitgesaai word, bewustheid in Amerika kweek.

Dit sal daartoe lei dat Amerika geen keuse het as om in Suid-Afrika in te gryp nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jordaan gepraat...



Dit was Willie Jordaan wat "Project Survivor South Africa" begin het om bewustheid in Amerika oor die situasie rakende die wrede moorde en aanvalle op Afrikaners te kweek. Skakel Dinsdagoggend in wanneer Jordaan verder praat oor vooraanstaande Suid-Afrikaners wat die projek reeds steun.  


OFM-nuus

 



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.