Agri Hour
Suid-Afrika gaan meer geelmielies moet invoer─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:13 Mon, 01 Jul 2019
Die algehele persepsie dat daar genoeg mielievoorraad vir Suid-Afrika se binnelandse gebruik is, is nie heeltemal korrek nie.
Daar is genoeg witmielievoorraad vir plaaslike gebruik in die land, maar meer geelmielies gaan na verwagting ingevoer moet word. Dit is volgens 'n landbou-ekonoom, Johan Willemse in reaksie op die Nasionale Oesskattingskomitee se vyfde produksieskatting vir somergewasse wat verlede week bekendgemaak is.
Die vooruitskatting vir witmielies is op 5,4 miljoen ton onveranderd gelaat teenoor die vorige skatting, terwyl die skatting van geelmielies op meer as 5,4 miljoen ton, sowat 0,60% meer is as die vorige skatting. Willemse sê die witmielie-opbrengs is beter as wat aanvanklik verwag is, omdat dit later as gewoonlik geryp het weens laat reën.
OFM-nuus
