Agri Hour
Agri Fokus-podcast: Nasionale Oesskatingskomitee se jongste oesskatting─── 07:37 Wed, 03 Jul 2019
In hierdie OFM Agri-fokus insetsel kyk ons na die top stories van die afgelope week in die landboubedryf….OFM-nuus se Christal-Lize Muller doen verslag...
Suid-Afrika se mielie-oes, wat onder normaal is met kleiner opbrengste per ton, asook stygende mieliepryse weens laat aanplantings in Amerika, is voordelig vir plaaslike saaiboere. 'n Landbou-ekonoom, Johan Willemse, meen daarteenoor bemoeilik dit die situasie van plaaslike veeboere. Volgens hom het die uitbreking van bek-en-klouseer in Januarie vanjaar in Limpopo, beesvleis wat bestem was vir die uitvoermark, weer teruggeplaas in die plaaslike mark. Sowat 4000 ton beesvleis is voorheen per maand uitgevoer. Daar was toe 'n ooraanbod in die Suid-Afrikaanse mark wat die plaaslike prys onder druk geplaas het. Willemse meen daar is genoeg mielies in die mark beskikbaar, maar weens die Amerikaanse situasie wat tot die styging in die plaaslike mark bygedra het, is die vleisbedryf negatief geraak.
Daarmee saam sê Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap, produsente in dié provinsie is klaar met hul koringaanplantings dié seisoen. Hy sê daar was egter groot kommer dat ontkieming nie gaan plaasvind nie, weens laat reëns in sekere gebiede.
The African Farmers Union (AFASA) has called on the government for an accelerated conclusion of the national policy on comprehensive producer development support. AFASA chairperson, Neo Masithela, says the policy needs to clarify the issue of funding black farmers. Masithela also says the union remains clear on its stance that land should be expropriated without compensation. This will contribute to equal redistribution for those who want to work the land.
OFM News
