On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

VF Plus – NW-premier moet nou teen #FarmAttacks optree

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:09 Thu, 04 Jul 2019

VF Plus – NW-premier moet nou teen #FarmAttacks optree | News Article
De Wet Nel FOTO: VF Plus

Daar moet groter fokus wees op landelike veiligheid in Noordwes.


Dit is volgens De Wet Nel, VF Plus-lid in die Noordwes-wetgewer, nadat die premier, Job Mokgoro, in sy provinsiale rede verlede Vrydag nie na moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes in dié provinsie verwys het nie. Nel sê die Vryheidsfront Plus het Mokgoro in die provinsiale debat vandeesweek uitgedaag om daadwerklik ag te slaan en daarteen op te tree, omdat dit ‘n groot probleem in Noordwes is. Boere en plaaswerkers leef in vrees.

Mokgoro het in sy provinsiale rede spesifiek verwys na bende- en taxigeweld, asook veediefstal, maar niks genoem oor die veiligheidsituasie op plase en kleinhoewes nie. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nel gepraat…



Dit was De Wet Nel, VF Plus-lid in die Noordwes-wetgewer, slegs op Before Dawn.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk slegs op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.