Agri Hour
Senwes Safex-verslag: Sagis se weeklikse lewersverslag wek kommer─── 06:50 Thu, 04 Jul 2019
Die Safex-pryse op OFM word moontlik gemaak deur Senwes Grainlink, waar innoverende oplossings vir al jou graanbemarkings- en bergingsbehoeftes deur 18 graanbemarkingskantore en 68 silo komplekse aangespreek word. Senwes Grainlink – breek nuwe grond.
'n Graanmakelaar, Susari Koegelenberg, praat oor die gebeure op die internasionale mark, en spesifiek die Chicago Board of Trade. Die Amerikaanse mieliemark het Woensdag heelwat opwaarts verhandel op grond van tegniese kopers voor die "Independence Day" vandag (Donderdag) in Amerika gevier word. Onsekerheid rondom die akkuraatheid van die aangeplante mieliehektare heers ook steeds in die mark, veral na die Amerikaanse Departement van Landbou (USDA) erken het dat 15miljoen akkers ongeplant is met hul jaarlikse opname van hektare.
Sy sê in die plaaslike mark is die onsekerheid rondom die grootte en gehalte van die komende oes steeds duidelik. Die SA Graaninligtingsdiens (Sagis) se weeklikse leweringsverslag wek verdere kommer, met 239 633t on witmielies en 385 265 ton geelmielies wat gelewer is vir die week wat op 28 Junie geëindig het.
Hier is Koegelenberg...
Die Safex-pryse op OFM is moontlik gemaak deur Senwes Grainlink. Bel vandag nog jou naaste graanbemarker of silobestuurder. Senwes Grainlink - breek nuwe grond.
OFM-nuus
