On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

OVK toon ‘n wins en sy getal aandeelhouers neem toe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:24 Mon, 08 Jul 2019

OVK toon ‘n wins en sy getal aandeelhouers neem toe | News Article

Die landboumaatskappy, OVK, met sy hoofkantoor in Ladybrand in die Vrystaat, het die afgelope finansiële jaar ‘n wins getoon.


Dié maatskappy, wat vanjaar sy honderdste bestaansjaar vier, het 'n wins van R199,8 miljoen behaal. Dit is voor belasting en lojaliteitskema-uitkerings. Daarmee saam was die omvang van besigheid wat die afgelope jaar gedoen is, R10,2 miljard. Stefan Oberholzer, besturende direkteur, sê die meeste van dié maatskappy se aandeelhouers is bona-fide boere. Daarmee saam het die getal aandeelhouers aan die einde van die 2019 finansiële jaar na meer as 12 280 toegeneem.

Hy sê OVK is trots daarop, veral as statistieke in ag geneem word wat aandui dat daar 36 000 kommersiële boere in die land is en dat nagenoeg 30% van dié boere dus aandeelhouers van OVK is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was Stefan Oberholzer, besturende direkteur van OVK. Om weer na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.