Agri Hour
Regskenner praat oor onteiening en waar dit by grondhervorming inpas─── 06:23 Mon, 08 Jul 2019
'n Regskenner gesels oor onteiening en die belangrike bepalings in die wetgewing wat landbouers van kennis moet neem.
Onteiening is 'n internasionale begrip wat in die meeste regstelsels bestaan. Dit het ten doel om basies private grond vir 'n openbare doel te verkry. Moolmal gebruik Eskom as 'n voorbeeld wat grond benodig om 'n kragstatsie op te rig. 'n Eienaar van dié grond kan dan onteien word op 'n beginsel dat die eienaar vergoed gaan word.
OFM se Pieter Möller praat met Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende in regskringe wat spesialiseer in grondsake...
Om weer na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
