On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Lesotho-miltsiekte: Steeds geen uitvoer van lewende diere, produkte na SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:42 Wed, 10 Jul 2019

Lesotho-miltsiekte: Steeds geen uitvoer van lewende diere, produkte na SA  | News Article
FOTO: Rooivleisprodusente-organisasie

Die uitvoer van lewende diere en hul produkte van Lesotho na Suid-Afrika word steeds verbied.


Die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het dié tydelike verbod in plek gestel nadat miltsiekte in Mei vanjaar in Lesotho uitgebreek het. Die direkteur van veeartsenykundige dienste by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, Kristan Mojapelo, sê strenger maatreëls is in plek gestel om die beweging van diere, soos beeste, skape en bokke asook hul produkte soos wol en vleis veral langs die grenspos te reguleer. Die Suid-Afrikaanse weermag, wat die grens tussen dié twee lande patrolleer, is daarvoor verantwoordelik. Volgens Mojapelo is nog geen voorval waarin diere gevrek het weens miltsiekte in die Vrystaat aangemeld nie.



Hy sê die tydelike verbod op die uitvoer van diere van Lesotho na Suid-Afrika sal voortduur totdat daar sekerheid is dat die miltsiekte uitbreking onder beheer is in dié buurland. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Mojapelo gepraat…

Dit was dr. Kristan Mojapelo, die direkteur van veeartsenykundige dienste by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus op (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Skakel weeksdae in op OFM vir jou landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.