Agri Hour
Moordtoneel op Boshof was grusaam─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:20 Tue, 16 Jul 2019
Die burgerregte organisasie, AfriForum, was ook betrokke en het met die polisie in die Vrystaat saamgewerk met betrekking tot die moordondersoek op Sakkie en Ina van der Berg in hul plaashuis buite Boshof.
Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, wil egter nie verder uitbrei oor dié organisasie se rol en betrokkenheid nie. Hy sê dié organisasie verskaf ook berading aan die egpaar se familie en meer spesifiek hul getraumatiseerde dogters. Volgens Müller was die moordtoneel grusaam en spreek van wreedaardigheid. Die egpaar is vasgebind en aangerand. In die stadium is dit nog onduidelik of ‘n vuurwapen gebruik is.
Hy beklemtoon die wreedheid van die aanval op die egpaar. Daar kan egter bevestig word en met sekerheid gesê word dat Sakkie Vrydag omstreeks 18:00 by sy plaashek aangeval is, en toe deur sy aanvallers na sy plaashuis geneem is, sê Müller.
Dit was Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum.
OFM-nuus
