Agri Hour
#StateCapture: Zondo-kommissie hoor die Vrystaatse Vrede-suiwelprojek is 'n klassieke voorbeel van staatskaping─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:41 Tue, 23 Jul 2019
Getuienis rondom die omstrede Estinasuiwelprojek, wat ten doel het om swart boere op te hef in Vrede in die Vrystaat, is gister voor die Zondo-kommissie van ondersoek gelewer.
Dit kom nadat die adjunkhoofregter, Raymond Zondo, verlede week aangekondig het dat dié projek nou ondersoek word. Daar is gister begin om getuienis te lewer oor beweerde korrupsie op grootskaal met betrekking tot dié projek
Die Vrystaatse regering het miljoene betaal aan Estina, 'n maatskappy met Gupta bande om die Vrede-suiwelplaas te bestuur, terwyl begunstigdes van die projek nog nie sent ontvang het nie. DA-lid en -leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, het gister voor die kommissie getuig.
Jankiesohn sê sy beëdigde verklaring met dokumente wat aangeheg is het uit sowat 350 bladsye bestaan, en die kommissie het danksy die dokumente redelik baie inligting tot sy beskikking oor die Vrede-suiwelprojek. Hy het Maandag die inleidende getuienis gelewer en volstaan daarby dat dié projek 'n klassieke voorbeeld is van staatskaping in die Vrystaat.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het vroegoggend telefonies met hom vanuit Johannesburg gepraat...
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus bay (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-news
