On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Noordwes-teler bied Angus- en Nguni-kruisteeldiere op produksieveiling aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:54 Wed, 24 Jul 2019

Noordwes-teler bied Angus- en Nguni-kruisteeldiere op produksieveiling aan | News Article
FOTO:OFM

‘n Stoere Angus-teler van Potchefstroom in Noordwes is heel in sy noppies met sy teelprogram waarin Angus-bulle met Nguni-verse gekruisteel word.



Kobus Delport sê die voordeel van dié kruistelingprogram is dat die sterk eienskappe van die Nguni-beesras na kruisteel-kalwers oorgedra word. Hy sê Nguni’s is ‘n geharde ras met goeie moeder-eienskappe. Delport bied vandeesweek vir die eerste keer op sy jaarlikse produksieveiling van dié kruisteeldiere aan.

Volgens Delport is daar al talle telers wat die twee beesrasse kruisteel, daar word informeel na die diere as “Angunis” verwys, wat nog nie amptelik by SA Stamboek is nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Delport gepraat…



Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins. 

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. 


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.