On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:31 Thu, 25 Jul 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Laubscher praat oor die onlangse verlaging aan die uitleenkoers deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank.  Hy sê dit kom neer op sekere verwagtinge soos die verlangsaming van inflasie wat verreken word. Daarmee saam kan dit ook verligting bring in terme van verminderde druk op besteebare inkomste. Laubscher verwys na die Nasionale Bemarkingsraad wat ‘n waghondfunksie het ten opsigte van die prys van kos. Maandelikse prysbewegings word vir ‘n mandjie van 28 items gepubliseer. Hoewel daar van April tot Mei vanjaar ‘n daling van 0,5% na R874,70 was, het dié mandjie op ‘n jaar-tot-jaar grondslag steeds met 3% toegeneem.


 


Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.