Agri Hour
Saai sê paneelverslag hou implikasies vir grondmark in─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:48 Tue, 30 Jul 2019
Die Suider-Afrika Agri Inisiatief, Saai, is teleurgesteld in die adviespaneel oor grondhervorming en landbou se finale verslag wat bekendgestel is.
Dié paneel is saamgestel om onafhanklike advies aan die interministeriële komitee oor grondhervorming onder voorsitterskap van adj.pres. David Mabuza te gee. Die grondwetwysiging om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak word in dié verslag voorgestel. Saai se direksievoorsitter, Theo de Jager, sê egter die paneelverslag dra by tot verdere polarisering, eerder as om werkbare oplossings te verskaf.
Hy meen kwessies soos korrupsie, nepotisme, en wanadministrasie is van die kernredes waarom grondhervorming in Suid-Afrika misluk het, maar in dié verslag word kitsoplossings voorgestel sonder om op die oorsake van die mislukking van grondhervorming te fokus. Hy sê die verslag se voorstel dat die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper geskrap moet word, is 'n flagrante ingryping in die markmeganisme, wat geweldige implikasies vir die grondmark inhou.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
