Agri Hour
#LandReform: Agri SA kritiseer paneelverslag─── 05:51 Tue, 30 Jul 2019
Agri SA het verskeie voorstelle in die adviespaneel oor grondhervorming en landbou se finale verslag gekritiseer, wat die naweek bekendgemaak en aan die kabinet voorgelê is.
Dié organisasie se beleidshoof vir grond, Annelize Crosby, sê daar is sekere voorstelle in dié verslag wat negatiewe gevolge inhou vir die landboubedryf. Daarmee saam is daar ook verskeie positiewe voorstelle gemaak. Volgens Crosby is die paneel se voorstelle oor nóg bykomende Grondwetwysigings met betrekking tot die 1913-afsnydatum rondom restitusie en ‘n voorstel vir ‘n moratorium op plaasuitsettings, kommerwekkend. Agri SA is ontevrede oor die paneel se voorstel om grondplafonne te oorweeg, die regulering van buitelandse eienaarskap en die instelling van grondbelasting.
Crosby noem ook daar is verskeie positiewe voorstelle wat uit die adviespaneel se verslag gekom het en wat Agri SA wel ondersteun. Dit sluit in konstruktiewe voorstelle soos die fokus op stedelike grondhervorming. Daar is ook sprake van ‘n fonds en ‘n landbou-ontwikkelingsagentskap wat gestig moet word, en dat projekte beter gemonitor moet word.
OFM-nuus se Vernon Baumann het met Crosby gepraat…
Dit was Annalize Crosby, Agri SA se beleidshoof vir grond wat met OFM se Vernon Baumann gepraat het.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus/Vernon Baumann
