On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere vra Onderwys om buskontrakteurs te betaal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:00 Wed, 31 Jul 2019

Boere vra Onderwys om buskontrakteurs te betaal | News Article

Plaaswerkers in die distrik Wesselsbron en Bothaville in die Vrystaat se kinders kan al vir ‘n geruime tyd nie skool toe gaan nie weens vervoerprobleme.

 

Meer as die helfte van die Bovaal-plaasskool in dié distrik se leerlinge daag nie op vir skool nie, omdat daar nie busse is om hulle daarheen te vervoer nie. ‘n Plaaslike boer, Boeboe Louw, sê volgens sy inligting kan kontrakteurs nie meer bekostig om kinders per bus van die plase na dié sekondêre skool te vervoer nie, omdat die Departement van Onderwys in die Vrystaat hulle nie betaal nie. Louw sê plaaswerkers is bekommerd oor hul kinders se toekoms en boere het al voorheen gehelp om kinders te vervoer, maar dit is onveilig en die risiko is te hoog. Hy sê die departement moet nou sy sokkies optrek en sy geldelike verpligtinge nakom.



Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.