On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbou kan lig in SA se tonnel van werkloosheid wees

───   05:41 Mon, 05 Aug 2019

Landbou kan lig in SA se tonnel van werkloosheid wees | News Article
Jahni de Villiers van Agri SA FOTO: Verskaf

Beleggersvertroue in landbou is van kritiese belang vir volhoubare werkskepping in Suid-Afrika.


Dit is volgens Jahni de Villiers, Agri SA se hoof van arbeid en ontwikkeling, nadat Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) se opname vir die tweede kwartaal van die jaar verlede week bekendgemaak is. Dit toon die land se werkloosheidsyfer, op 29%, is die hoogste sedert 2008. Daarteenoor het landbou ‘n groei getoon met 5 000 poste.  

De Villiers sê dit toon duidelik dat landbou die lig aan die einde van Suid-Afrika se tonnel van werkloosheid kan wees as daar meer beleidsekerheid en ekonomiese groei in die land is.

OFM-nuus se Vernon Baumann het met haar gepraat…  



Dit was Jahni de Villiers, Agri SA se hoof van arbeid en ontwikkeling, wat met OFM-nuus se Vernon Baumann gepraat het.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.



OFM-nuus/Vernon Baumann



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.