On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri Noordwes gaan nie lê oor plaasbesettings in Tlakgameng-gebied

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:46 Mon, 05 Aug 2019

Agri Noordwes gaan nie lê oor plaasbesettings in Tlakgameng-gebied | News Article

Agri Noordwes skakel op ‘n volgehoue basis met die polisie en betrokke staatsdepartemente rondom onwettige plaasbesettings en gepaardgaande intimidasie in die Tlakgameng-gebied by Vryburg en Tosca in dié provinsie.


Agri Noordwes se adjunkhoofbestuurder, Naudé Pienaar, sê dit is ‘n voortslepende probleem in dié gebied dat gemeenskappe grensheinings op private grond knip en sonder die goedkeuring van plaaseienaars hul vee daar laat wei. Sodra plaaseienaars dit opmerk, word hulle gedreig. Pienaar sê twee soortgelyke voorvalle het onlangs in die gebied plaasgevind.

Hy sê Agri Noordwes het aanvanklik die Departement van Grondsake, die Nasionale Vervolgingsgesag, die polisie se provinsiale bevelstruktuur, asook die premier van Noordwes se kantoor betrek. Daar is toe ingegryp en die situasie het verbeter, waarna dit sedert die begin van die jaar weer opgevlam het.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…  



Dit was Naudé Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri Noordwes.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.