On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

#VrystaatLandbou: Geen onderhandelinge oor onteiening sonder vergoeding

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:49 Mon, 05 Aug 2019

#VrystaatLandbou: Geen onderhandelinge oor onteiening sonder vergoeding | News Article
Vrystaat Landbou (VL) se Tommie Esterhuyse FOTO: Twitter

Vrystaat Landbou (VL), in samewerking met ander belangegroepe, gaan voort om Grondwetwysigings veral met betrekking tot grondonteiening sonder vergoeding teen te staan.


Dié organisasie se visepresident, Tommie Esterhuyse, sê die tyd vir onderhandelinge rondom die onteieningskwessie is verby. Daar moet nou ‘n duidelike lyn getrek word en georganiseerde landbou moet sterk standpunt inneem. Volgens Esterhuyse, wat ook die hoof van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid is, het georganiseerde landbou verskeie aksieplanne in plek, en gaan nie maklik lê nie.

Dit kom nadat daar uit landbougeledere opnuut kommer is oor grondbesit nadat die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou sy finale verslag bekendgemaak het. Esterhuyse sê VL se kongres, wat Woensdag en Donderdag in Bloemfontein plaasvind, gaan juis fokus op grondonteiening sonder vergoeding.)  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.



Dit was Tommie Esterhuyse, visepresent van Vrystaat Landbou (VL). Dié organisasie se jaarkongres vind Woensdag en Donderdag in Bloemfontein plaas met Danie Brand, direkteur van die Sentrum vir Menseregte aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), en Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV), wat onderskeidelik gaan praat oor die prosesse van onteiening indien grondwetlike veranderinge aangebring word, asook die gevolge daarvan.  

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.