Agri Hour
Veekuddes in Namakwaland drasties minder weens droogtetoestande─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:43 Tue, 06 Aug 2019
Vrystaat Landbou (VL) vra gemeenskappe om, indien moontlik, hulp in die vorm van onder meer veevoerskenkings aan boere in die droogtegeteisterde Noord-Kaap te verleen.
VL se visepresident, Tommie Esterhuyse, sê tydens ‘n onlangse besoek aan dié provinsie was hy geskok oor die situasie waarin veeboere weens die droogtetoestande verkeer. Boere se skaapkuddes moes noodgedwonge verminder word weens die droogte, terwyl eksterne faktore soos roofdiere boere se kuddes verder knou.
Hy sê volgens sy inligting is daar slegs 43% van die vee oor waarmee aanvanklik in die Namakwaland-distrik geboer is. “Dit is skokkend.”
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Esterhuyse gesels…
Dit was Tommie Esterhuyse, visepresident van Vrystaat Landbou (VL) en die hoof van landelike veiligheid van Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
