On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Vrystaat-distilleerdery wen prys vir Suid-Afrika se beste rum

───   06:26 Wed, 07 Aug 2019

Vrystaat-distilleerdery wen prys vir Suid-Afrika se beste rum | News Article

'n Vrystaatse distilleerdery se rum is deur die Old Mutual Trophy Spirits Show as die beste in Suid-Afrika aangewys.


Die Whistler Rum-distilleerdery, wat tussen Riebeeckstad en Hennenman geleë is, het deelnemers van regoor die land sowel as die buiteland uitgestof om 'n eerste plek vir hulle Premium Whistler African Style Dark Rum te wen. Daar was meer as 200 inskrywings in 'n wye reeks kategorieë. Skotland, Skandinawië, Amerika, Mexiko en Frankryk het deelgeneem.

Hoewel die rum-kategorie hierdie jaar sy eerste verskyning gemaak het, was daar ‘n groot verskeidenheid inskywings van uiteenlopende handelsmerke uit verskeie lande. Whistler Rum is nou Suid-Afrika se grootste distilleerdery. Twee broers, Trevor en Leon Bruns, het in hul motorhuis begin om rum te stook. Dié broers, wat saam met Stephan de Vos die maatskappy besit, het omtrent 'n ver pad gekom. Trevor sê hulle is verbaas oor die toekenning, omdat hulle amper nie ingeskryf het nie. Hulle is ook veral trots op hulle prestasie omdat Die Whistler African Style Dark Rum nou slegs vir 18 maande bestaan. Daar is egter geen planne om dinge rustig te vat nie. Die Whistler Rum-distilleerdery beplan ‘n wye nuwe reeks van rum-style, wat hulle belowe nóg beter as hulle bekroonde rum gaan wees.

OFM-nuus se Vernon Baumann het met Trevor Bruns, een van die eienaars van die Whistler Rum-distilleerdery, gepraat…



Dit was Trevor Bruns 'n eienaar van die Whistler Rum-distilleerdery. Skakel Donderdag tussen 05:00 en 06:00 in op Before Dawn met Gerben van Niekerk wanneer een van die eienaars, Leon Bruns, in die ateljee kuier. 

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.



OFM-nuus








@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.