Agri Hour
Sussex-beestelersgenootskap se eerste vroue president is passievol oor die bedryf─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:46 Fri, 09 Aug 2019
Vrouedagvieringe vind vandag oor die land heen plaas.
Dié dag herdenk sedert 1994 die optog van 20 000 vroue teen die apartheidsregering se paswette in 1956. Daarmee saam word vroue en die rol wat hulle speel in die samelewing ook vereer. ‘n Passievolle Daleen Potgieter maak ‘n groot verskil in die beesbedryf met haar Sussex-stoetery buite Viljoenskroon in die Vrystaat. Sy is ook die Sussex-telersgenootskap se eerste vroue president.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Potgieter gepraat en sy meen vroue is in staat tot baie. Hulle moet egter nie poog om, veral in die landboubedryf, beter as mans te wees nie. "Ons moet net wys dat ons liefde het en ons kan dít toepas as ons wil," sê sy. Volgens Potgieter gaan dit nie daaroor om mans te oorheers op verskeie gebiede in landbou nie, maar boere is daar om hande te vat.
Skakel weeksdae in op Before Dawn met Gerben van Niekerk tussen 05:00 en 06:00. Luister ook weeksdae om 11:00 en 13:30 na OFM vir jou landbounuusbulletins.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
