On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

EU-studie bied geen oplossings vir plaaslike pluimveebedryf

───   06:30 Tue, 20 Aug 2019

EU-studie bied geen oplossings vir plaaslike pluimveebedryf | News Article

Die Europese Unie (EU) het onlangs ‘n studie gedoen oor die oorsaak en impak van die sogenaamde krisis in die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf.


Daar word beweer dat die EU in die proses sy eie aandeel in die groeiende Suid-Afrikaanse hoenderbedryf doelbewus uitgelaat het. Aziz Sulliman, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, sê die studie probeer die plaaslike pluimveebedryf in ‘n slegte lig stel en die bedryf is sterk daarteen gekant.

Die studie kom tot die gevolgtrekking dat die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf nie bereid is om te groei nie en Sulliman glo dit is juis weens die hoenderstorting vanuit die EU dat die plaaslike bedryf probleme ervaar. Die EU stort al ‘n geruime tyd ‘n laer klas hoenderproduk in Suid-Afrika, en Sulliman meen dis net ‘n kwessie van tyd voordat die pluimveebedryf in duie stort, nes Suid-Afrika se tekstielbedryf. 

OFM-nuus se Vernon Baumann het met hom gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Aziz Sulliman, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging. 


OFM-nuus/Vernon Baumann





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.