On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Ruvasa: Boere gewaarsku om hulle diere teen arbovirusse in te ent

───   07:35 Wed, 21 Aug 2019

Ruvasa: Boere gewaarsku om hulle diere teen arbovirusse in te ent | News Article

Daar is 'n groep virusse, bekend as arbovirusse, wat siektes van diere na mense oordra deur middel van insekte.


Dr. Faffa Malan, ‘n bekende veearts en  bestuurder van die Herkouer-veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) sê hoewel hierdie oordraagbare siektes by mense relatief skaars is, moet boere nou daarteen waak en hul diere vroegtydig inent. Malan sê arbovirusse is meer geneig om voor te kom wanneer muskiet- en muggiebevolkings groot is ná goeie reën.

Hy sê hoewel arbovirusse merendeels beperk is tot Suid-Afrika se meer tropiese gebiede, het van hierdie skaars virusse al in Jakobsdal voorgekom. Van die insek-oordraagbare siektes wat deur die arbovirus veroorsaak word, is veral die Wes-Nyl virus. 

Malan se advies is om dadelik 'n geneesheer te kontak, sou enige persoon miskien 'n hoë koors begin ervaar. Hy voeg by daar is geen rede vir paniek nie, want die arbovirusse se verskynsel in mense is skaars.

OFM-nuus se Vernon Baumann het met Malan gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Dokter Faffa Malan, bestuurder van die Herkouer-veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa).

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.