On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

#FairPlay: ‘Invoer van hoenderprodukte na SA neem astronomies toe’

───   06:36 Thu, 22 Aug 2019

#FairPlay: ‘Invoer van hoenderprodukte na SA neem astronomies toe’   | News Article

Die invoer van hoenderprodukte uit veral die Europese Unie (EU) en lande soos Brasilië het die laaste ruk met 'n astronomiese 190% toegeneem.


Dit is volgens Lionel Adendorf, voorsitter van die teenstortingsbeweging, FairPlay, wat meen hierdie groeiende probleem kan die plaaslike pluimveebedryf permanent beskadig. Adendorf sê ook na beraming gaan 12% van werksgeleenthede binne die pluimveebedryf elke jaar verlore as gevolg van die storting van hoenderprodukte in Suid-Afrika. As iets nie gedoen word nie kan die plaaslike pluimveebedryf tot niet gaan, nes in Ghana en Kameroen gebeur het.

Adendorf het ook gereageer op die onlangse EU-studie wat die sogenaamde krisis in Suid-Afrika se pluimveebedryf ondersoek, maar wat volgens Adendorf oneerlik is. Die studie stel voor, onder andere, dat Suid-Afrika se pluimveebedryf sou baat deur nóg invoer van hoenderprodukte uit die buiteland. Adendorf meen dis juis invoer wat gelei het tot die huidige krisis. Hy sê ook verder dat die EU-studie die plaaslike pluimveebedryf in 'n slegte lig stel.

OFM-nuus se Vernon Baumann het met Adendorf gepraat…


Sien aangehegte PODCAST...


Dit was Lionel Adendorf, voorsitter van die teenstortingsbeweging, FairPlay.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus/Vernon Baumann


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.