On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

DA bevraagteken hoë getal onverwerkte grondeise

───   06:30 Mon, 26 Aug 2019

DA bevraagteken hoë getal onverwerkte grondeise | News Article
Annette Steyn van die DA FOTO: Algoa FM

Sodra 'n grondeis teen 'n stuk grond gepubliseer word, beperk dit dadelik enige verbeteringe wat op daardie grond kan plaasvind as gevolg van die moontlike aankoop deur die staat.


Die waarde van die grond word dan ook negatief beïnvloed. Dit was die rede waaroom Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, 'n vraag gerig het aan Thoko Didiza, die landboumminister, oor die meer as 3000 grondeise wat nog nie verwerk is nie.

Volgens Steyn het die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling eenvoudig nie die kapasiteit om grondeise op 'n doeltreffende en tydsame manier te verwerk nie. Alhoewel daar, volgens Steyn, ongeveer 90 grondeise al verwerk is, is daar ander eise wat nou al meer as a dekade lank sloer. Sy sê ook die meeste eise is stedelike eise, wat as gevolg van goeie boekhouding meerendeels nie problematies is nie.

OFM-nuus se Vernon Baumann het met haar gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. 

Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins.


OFM-nuus/Vernon Baumann





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.