Agri Hour
Vrystaat-wenner se vernuf as boer slegs oorskry deur haar vrygewigheid─── 06:53 Wed, 28 Aug 2019
Mita Mpholo, van die plaas Mmokeng wa Maqheku, is die algehele wenner van die Vrystaatse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se onlangse vroue-entrepreneurtoekenning.
Dié groenteboer is die ruggraat van haar gemeenskap. Volgens Mpholo gee sy ongeveer 80% van die groente van haar plaas gratis aan die bejaardes en behoeftigdes van Sasolburg, waar sy woon.
Mpholo is vol selfvertroue dat sy die nasionale prys vir algehele beste vroue-entrepreneur terug huis toe gaan bring. Dié nasionale kompetisie word Donderdag in Kaapstad beslis.
OFM-nuus se Vernon Baumann het met haar gepraat…
Sien aangehegte PODCAST
Dit was Mita Mpholo, die Vrystaat se algehele beste vroue-entrepreneur.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins.
OFM-nuus
