On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Private besit van renosters kritiek om bedreigde spesie van uitwissing te red

───   07:21 Wed, 28 Aug 2019

Private besit van renosters kritiek om bedreigde spesie van uitwissing te red | News Article

Suid-Afrika bly die land in die wêreld met die grootste persentasie renosters in private besit.


Volgens Hennie Butler van die Departement Dierkunde en Entomologie by die Universiteit van die Vrystaat (UV, is dit oor en oor bewys hoe private besit meer as een bedreigde spesie van uitwissing gered het. Maar in die geval van die private besit van renosters, is die koste astronomies. En die opheffing van die verbod op die handel in renosterhorings is van kritieke belang om te verseker dat Suid-Afrika se renosters nie uitgewis word nie.

Butler bespreek, byvoorbeeld, die geval van John Hume; die wêreld se grootste private eienaar van renosters. Na beraming kos dit Hume ongeveer R60 miljoen per jaar om sy renosters te onderhou.


OFM-nuus se Vernon Baumann het met hom gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Hennie Butler, ‘n dosent in die Departement Dierkunde en Entomologie by die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins.


OFM-nuus/Vernon Baumann



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.