On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

SA, Indonesië bespreek renosterhoringhandel en bewaring

───   07:29 Wed, 28 Aug 2019

SA, Indonesië bespreek renosterhoringhandel en bewaring  | News Article

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het vandeesweek 'n bespreking aangebied waar deskundiges van Suid-Afrika en Indonesië die moontlike opheffing van die verbod op die wettige handel in renosterhoring bespreek het.


Volgens Willem Daffue, ‘n veearts van Kroonstad, is Suid-Afrika ten gunste van die wettige handel in renosterhoring as ‘n wyse om meer spesifiek private renosterbewaring in plaaslik geldelik te ondersteun. Suid-Afrika is die land in die wêreld met die grootse persentasie renosters in private besit.

Indonesië is gekant teen die opheffing van die verbod. 

Daffue waarsku egter dat Suid-Afrika vinnig sal moet optree om dié bedreigde spesie van uitwissing te red. Hy sê die wettige handel in renosterhorings is nodig om te verhoed dat Suid-Afrika afstuur op dieselfde situasie as in Indonesië, waar die Java- en Sumatra-renosterspesies die mees bedreigde renosterspesies in die wêreld is.

OFM-nuus se Vernon Baumann het met hom gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Willem Daffue, ‘n veearts uit Kroonstad en deskundige in renosterbewaring.


OFM-nuus/vernon Baumann



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.