On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri NK soek antwoorde by regering oor trae ramphulp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:41 Fri, 30 Aug 2019

Agri NK soek antwoorde by regering oor trae ramphulp | News Article
Nicol Jansen FOTO: OFM

Volgehoue druk sal op die betrokke nasionale en provinsiale staatsdepartemente toegepas word om die bestaande prosesse te volg sodat droogtehulp aan boere in die Noord-Kaap verleen kan word.


Dit kom nadat dié provinsie vandeesmaand in geheel as 'n rampgebied verklaar is. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, het op dié organisasie se jaarkongres vandeesweek gesê, antwoorde moet nou gekry word, want provinsiale rampbestuur se proses om by Nasionale Tesourie aansoek om droogtehulp te doen word nou vertraag. 

Die Noord-Kaap is al op 1 Augustus as rampgebied verklaar, maar dit is nog nie in die Staatskoerant gepubliseer nie. Volgens Jansen trek die landbougemeenskap swaar in die proses, en die droogte het 'n reuse-impak op die provinsie se ekonomie. Kommersiële asook kleinboere is in 'n reuse- geldelike verknorsing en het in seker streke slegs 10% van hul kernkuddes oor.

Hy sê die droogte het nie slegs 'n impak op boere se veekuddes nie, maar humanitêre hulp word nou in die provinsie aan gemeenskappe verleen. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het dié kongres bygewoon en met Jansen gepraat...


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.)
 
 
OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.