On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

NK-jongboerwenner hoopvol oor landbou in Suid-Afrika

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:28 Mon, 02 Sep 2019

NK-jongboerwenner hoopvol oor landbou in Suid-Afrika | News Article
Philip Botha FOTO: OFM

Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar-wenner, Philip Botha, wat met merino's tussen Britstown en Strydenburg op die plaas Wildebeestkooi en drie ander plase boer, se boerdery is sy trots en hy geniet elke oomblik daarvan.


Hy is verlede week op Agri Noord-Kaap se jaarkongres in Kimberley as die wenner gekroon.

Botha, wat 'n sonkrag aangedrewe voerstelsel en ten volle outomatiese lamhokke en ‘n gerekenariseerde identifiseringstelsel het, sê hy glo in die toekoms van landbou in Suid-Afrika. Hy glo drome kan bewaarheid word, solank mense die beste van elke geleentheid maak.

Botha sê die opleiding van arbeiders is 'n belangrike komponent van sy boerdery en hy spits hom daarop toe om sy werknemers se vaardighede uit te brei. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien aangehegte PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM News








Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.