Agri Hour
#AgriSA: Beleidsdokument posisioneer landbou goed─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:24 Tue, 03 Sep 2019
Agri SA het die Nasionale Tesourie se nuwe beleidsdokument om ekonomiese groei in die land 'n hupstoot te gee, verwelkom.
Dié organisasie se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, meen dié dokument spreek verskeie beleidsuitdagings en strukturele kwessies aan en landbou is goed geposisioneer om uitvoering te gee aan die voorstel dat dié bedryf die dryfveer vir werkskepping is. Daarmee saam het Van Zyl op Agri Noord-Kaap se jaarkongres verlede week aan OFM-nuus se Vernon Baumann gesê die toekoms van Suid-Afrika is in die private sektor se hande en in terme van die onteieningskwessie het dié organisasie sy huiswerk gedoen.
Dit was Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
