Agri Hour
Eerste (2018/19) produksieskatting vir koring dalk grootste in agt jaar─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:31 Tue, 03 Sep 2019
Suid-Afrika kan dié seisoen die grootste kommersiële koringoes sedert 2011 lewer as die geskatte koringoes van 1,915 miljoen ton realiseer.
Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het verlede week die eerste produksieskatting vir wintergrane vir dié seisoen bekendgemaak. Die kommersiële koringoes wat in 2011 gelewer is, was meer as 2 miljoen ton. Luan van der Walt, 'n landbouekonoom by Graan SA (GSA), meen dit is positiewe nuus vir die koringbedryf wat al vir 'n geruime tyd onder druk is. Hy sê daarmee saam is daar positiewe verwikkeling in dié bedryf, wat hoofsaaklik is weens volgehoue onderhandelings in 'n omkeerstrategie van GSA.
Die verwagte koringproduksie (1,916 miljoen ton) is sowat 2,55% meer as die vorige seisoen se oes. Daarmee saam is die verwagte opbrengs 3,57 ton per hektaar. Die verwagte produksie in die land se voorste koringproduserende provinsie, die Wes-Kaap, is 861 250 ton, wat wel minder is as die vorige seisoen se produksie. Daarmee saam is die jongste NOK-produksieskatting vir koring in die Vrystaat 77 500 ton meer as die vorige seisoen se oes van 385 000 ton.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Sien aangehegte PODCAST
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
