On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

LNR: Genomika, genetiese manipulasie in beesbedryf is hier om te bly

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:30 Thu, 05 Sep 2019

LNR: Genomika, genetiese manipulasie in beesbedryf is hier om te bly | News Article
FOTO: Brahman SA

Die gebruik van nuwe tegnologie in die beesbedryf is die toekoms.


Dit is volgens Ben Greyling, die navorsingspanbestuurder by die Landbounavorsingsraad (LNR) wat onlangs ‘n eerbewysgeleentheid vir presteerders in die beesbedryf, asook ‘n indaba oor die nuutste beskikbare tegnologie, in Centurion, Pretoria, aangebied het. Greyling sê die land se voorste produsente wat uitblink in terme van wetenskaplike tegnologie is op dié geleentheid vereer. Daarmee saam is navorsing in terme van nuwe tegnologie bespreek. Volgens Greyling het besprekings oor genomika en genetiese manipulasie van diere uitgestaan.

Hy sê elke dier het DNS wat die dier se fenotipe bepaal, terwyl die kunsmatige verandering van ‘n dier se DNS om ‘n dier in die toekoms meer siektebestand te maak, ‘n werklikheid is.) OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Greyling gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Ben Greyling, navorsingsbestuurder by die Landbounavorsingsraad (LNR).

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.