Agri Hour
Die Landbank toon wins ondanks swak ekonomie─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:36 Fri, 06 Sep 2019
Die Landbank was winsgewend die afgelope finansiële jaar, ondanks moeilike ekonomiese toestande en ander uitdangings in die landboubedryf.
Stefan Jansen van Vuuren, die algemene bestuurder van tesourie by dié bank, sê hoewel ‘n netto wins in die mees onlangse boekjaar van meer as R130-miljoen behaal is, was dié winsvlak laer as die vorige boekjaar se R278-miljoen. Jansen van Vuuren sê dit kan toegeskryf word aan verskeie faktore.
Volgens hom het die afname in die landboubedryf duidelik gereflekteer op die bank se inkomstestaat. Laat reëns het daartoe bygedrae dat minder lenings toegestaan is, terwyl lenings ook later as wat beoog is, gerealiseer het. Dit het ‘n direkte impak op die bank se inkomstegenerering gehad. Hy sê sowat R2,7-miljard se staatsgewaarborgte skuld is ook deur Landbank vereffen wat tot R55-mijoen se vroeë vereffeningsboetes gelei het. Die droogtetoestande in die westlike deel van die land, veral Noordwes en die westelike deel van die Vrystaat, het bygedrae tot verhoogde wanpresterende lenings wat op ‘n jaar-tot-jaar grondslag met sowat R1-miljard toegeneem het, sê hy.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen van Vuuren gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
