On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Sien landbou se bydrae tot BBP in perspektief, meen ekonoom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:41 Mon, 09 Sep 2019

Sien landbou se bydrae tot BBP in perspektief, meen ekonoom | News Article

Landbou het nie ‘n positiewe bydrae gelewer tot Suid-Afrika se ekonomiese prestasie nie, nadat die Bruto Binnelandse Produk (BBP) in die tweede kwartaal vanjaar met 3,1% gegroei het.


Die landboubedryf het 'n daling van 4,2% behaal. Ekonome is van mening dat dié inkrimping toegeskryf kan word aan laer produksie van tuinbouprodukte en gewasse. 'n Landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, sê dié kwartaallikse BBP moet in perspektief gesien word met Suid-Afrika wat in geheel 'n ressessie afgeweer het. Hy sê  dié afname in die landboubedryf se bydrae tot die BBP is slegte nuus en die bedryf kan 'n verdere opdraende stryd verwag.

Volgens hom kon die situasie egter veel slegter daarna uitgesien het as dit nie vir graanprodusente in veral die westelike deel van die land was nie, wat in Januarie en Februarie vanjaar teen 'n geweldige tempo met hul somergraangewas-aanplantings begin het ná laat reëns.

 OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…  


Sien aangehegte PODCAST


Dit was dr. Kobus Laubscher, ‘n landbou-ekonoom, slegs op OFM.  

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.