On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:26 Thu, 12 Sep 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Volgens hom is die kwessie rondom die die verskil van die prys wat ‘n boer vir sy produk ontvang en die prys wat die verbruiker moet opdok nie onbekend nie. Die Nasionale Bemarkingsraad doen in dié verband gereelde ontledings oor die verskil tussen die “plaashekprys” en die prys wat die verbruiker vir produkte betaal. Die bemarkingsmarge en produsente-aandeel in die verbruikersrand gee beter perspektief en dui ook aan wat die koste beloop om die produk in finale vraagformaat aan te bied, verduidelik hy. Dit kom daaarop neer dat die plaaswaarde of produsente-aandeel en die bemarkingsmarge verskil volgens produkte. Vars hoenders se bemarkingsmarge het in die tweede kwartaal vanjaar gemiddeld met 3,6% toegeneem, terwyl die die produsente-aandeel met 1,24% afgeneem het.  


Sien onderstaande PODCAST


Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.